Pietman Geldenhuys – Sing
‘n Musiekreis tussen twee tale. . . Pietman Geldenhuys is ‘n musikant, liedjieskrywer, komediant, akteur, aanbieder (OppieStoep en Landbouweekliks), storieverteller en ‘n Skotse persona (Peter Mitchell). Sy talent as liedjieskrywer is reeds bekroon met ‘n Ghoema-toekenning vir Liedjieskrywer van die Jaar, terwyl ‘n ander album vir ‘n SAMA-toekenning vir Kontemporêre Album van die Jaar genomineer…


